Renier Louw, Bredasdorp Activator
By Erika Joubert, CDCC co-ordinator
Dit gebeur nie aldag dat mens die geleentheid kry om met mense te kan ontmoet en lekker tyd saam te kan spandeer nie.
Groot was my genot dus toe ek myself in Bredasdorp in die Overberg distrik bevind een dag in Augustus 2019. Ek kon toe lekker sit en gesels met die 2014 Activator, Renier Louw.
Groter selfs was my vreugde toe ek hoor hy is ‘n boorling van die Oos-Kaap dorpie, Kareedouw en dat hy van sy eerste lewensjare in Tsitsikamma deurgebring het; albei plekke wat baie naby aan my hart is en mooi herinneringe uit my kinderdae oproep.
Hy verduidelik dat toe hy 5 jaar oud was in 1994, hulle van Tsitsikamma na Bredasdorp verhuis het; dit is ook waar hy skool klaargemaak het. Na skool het hy ‘n paar “gap” jare gevat en in daardie tyd het hy, onder andere, sy vaardighede in houtwerk (‘n jare-lange passie) geslyp toe hy terug is Kareedouw toe, sy pa se plek. Hy verduidelik verder dat hy eers later jare begin studeer het en het die vakgebied van publieke administrasie as sy fokus gekies. Tans werk hy as die bestuurder van die Anene Booysen Vaardigheidssentrum in Bredasdorp.
Renier is getroud en sy vrou is oorspronkilk van Oos-Londen af; sy werk tans by die distriks munisipaliteit in Bredasdorp. Sy het na skool na die dorp gekom en hulle het in 2013 ontmoet deur hul gemeenskaplike betrokkenheid by die Kaap Agulhas Jeugraad waar hy die jeug-werker koördineerder was. Hulle is nou twee jaar getroud en het ‘n seuntjie. Renier bevind homself in ‘n interressante kulturele en sosiale milieu gegewe dat sy pa ‘n Xhosa is en sy ma, ‘n Kleurling. Hy praat vlot Afrikaans, isiXhosa en Engels. Sy vrou is ook Xhosa en hy moes lobola betaal en aan al die kulturele en sosiale rituele deelneem; dit was vir hom veral fassinerend omdat hy hoofsaaklik in die Kleurling kultuur grootgeword het.
Joining Activate
Ek het hom gevra hoe hy destyds van Activate! te hore gekom het en hy verduidelik by Mike Abrahams vir wie hy leer ken het deur die program “Heart of Men” toe hulle na Bredasdorp gekom het. Daardie ontmoeting (waar hy ook geleer het van die konsepte “Popular Education en “Training for Transformation”) het hom so geïnspireer dat hy sy eie nie-regeringsorganisasie (NRO) op die been gebring het, naamlik die Overberg Development Association (ODA); maar meer hieroor later. Dit was Mike wat na Activate! verwys het het en hom aangemoedig het om aansoek te doen. Omdat hy vir Mike vertrou het, het hy verder gaan oplees op die webwerf en toe aansoek gedoen het. Hy sê aan die begin het hy effe oorweldig gevoel deur alles, maar het spoedig begin tuis voel binne die Netwerk.
Hy voel dat Activate! hom baie gehelp het. Wat aanvanklik vir hom uitgestaan het en wat hom beïndruk het, is die feit dat jy deel is van ‘n netwerk; ‘n netwerk waar daar hulpbronne en vaardighede gedeel word. Hy gebruik steeds van die vaardighede wat hy tydens ACD sessies geleer het. Byvoorbeeld, destyds het hy saam met Lelethu Gogondwana bevind dat jong mense nie meer belang stel in boek-lees nie, veral nie gedigte nie. Hulle verkies eerder “rap” musiek. Die twee het daarom begin om digkuns-werkswinkels te hou waar jong mense aangemoedig was om gedigte te skryf wat hulle dan kon omskakel na “rap” liedere. Die benadering was dus om te werk met dit waarvan jong mense hou, waarmee hulle identifiseer en gemaklik mee voel. Hulle het so bietjie aan die werkswinkels geskaaf sodat dit steeds iets sou wees wat jong mense geniet, maar waar hulle ook iets nuuts sou leer in die proses. Soortgelyk het hulle ook storie-vertel-werkswinkels gehou en ‘n dans-program met ‘n spanwerk-komponent aangebied asook “flash mobs”.
Die ODA
Die ODA is in 2012 saam met Mike Abrahams en Astrid Wicth gestig. Renier verduidelik dat die NRO nie juis ‘n formele struktuur het nie; “net op papier”! Hierdie is ‘n organisasie waar daar nie net een enkele person is wat die voorsitter is nie; dit is eerder ‘n posisie wat roteer – elkeen kry ‘n kans. Dit word moontlik gemaak deur ‘n benadering van “rotational leadership” (“roterende leierskap”) waar die organisasie as ‘n sirkel funksioneer waar die jongeres in die middle geplaas word en die oueres aan die buitekant met die doel om die jonger leiers te ondersteun; dus, “peer to peer leadership”. Hulle vra die jongeres “Wat dink julle moet gebeur en watter ondersteuning benodig julle om dit te laat gebeur?” Hulle bied nie ‘n oplossing aan nie, maar vra die jongeres vir ‘n oplossing en dat hulle die proses dan self moet fasilteer. Hy verwys na die huidige voorsitter wat nou in Matriek is; sy het reeds op twaalf-jarige ouderdom by die organisasie aangesluit. Hy noem dat hulle geweldige persoonlike groei sien in die groep, insl. dat van hulle verder gaan studeer.
Hulle is tans besig om behuisingsaktiviste van Bredasdorp, Napier and Struisbaai op te lei sodat hulle alternatiewe kan oorweeg met hul benadering tot behuisings – en ander gemeenskapskwessies. Hy verduidelik dit as volg: baie van die aktiviste het politieke bande en benader sosiale kwessies op ‘n radikale wyse, wat hy na verwys as ‘n “reaktiewe” / “reaksionêre” wyse – eerder as om te “reageer” op die kwessies. Hulle wil graag die mense se benadering verander sodat hulle nie net reaksionêr is nie. Die realiteit is egter dat die meerderheid van gemeenskapslede nie genoegsame kennis dra van hoe die munisipaliteit funksioneer nie of wat die funksie van die verskeie strukture is nie; dit sluit in hoe die begroting en die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (die sg. “IDP”) saamgestel word. Hierdie opleiding is dus daarop gefokus om die gemeenskapslede oor hierdie aspekte van plaaslike regering in te lig; asook hoe hulle die strukture kan gebruik om plaaslike regeringskwessies te beïnvloed tot voordeel van die gemeenskap. Renier sê verder: “Dit is als goed en wel om aan optogte deel te neem, maar op die ou einde sit jy nog steeds in ‘n hok.” As deel van die leierskap-segment van hierdie opleiding, vra hulle aan die groep: “Van watter plek binne in jou wese verskaf jy leierskap? Kom dit uit jou omstandighede, jou godsdiens, jou agtergrond (of jy nou ryk of arm is) – van waar kom jou leierskap?” Hulle glo dat wat jy hier identifiseer, affekteer hoe jy die lewe beskou en ook hoe jy leierskap bied. Daarom moet jy bereid wees om jouself oop te maak en die wêreld op ‘n ander manier te beskou. Hulle bied, met die ondersteuning van ander organisasies, ‘n reeks werkswinkels aan wat hierdie aktiviste bystaan met hoe om hulself te organiseer insl. die hou van vergaderings, hoe om met die munisipaliteit te skakel ens. Hulle verskaf ook politieke opleiding met ‘n fokus op die terminologie wat gebruik word in die politieke sfeer – hy verwys na die sg. “Learning Container” – waar ‘n vertrek uitgelê is as ‘n bevorderlike leeromgewing, met al die terme op ‘n muur opgeplak en waar die deelnemers dan ‘n “gallery walk”[4] doen en die terme as ‘n groep bespreek; waarvan baie nuut en vreemd sal wees vir die meeste. Uit hierdie besprekings vloei dan ook ander gesprekke oor hoe plaaslike regering funksioneer, wie die verskillende rolspelers is ens. Sodoende dek hulle ‘n hele aantal kwessies.
ODA se benadering is nie een van “Ons is hier om julle te help nie”; hulle volg eerder ‘n proses waar almal saam na die verskillende kwessies kyk en analiseer tot dit werklik deur almal op dieselfde manier verstaan word. Hulle doen dit nou al so vir die afgelope 6 jaar en kan reeds die impak sien op diegene wat deur die proses gegaan het.
Byvoorbeeld, hulle sien verhoogde vlakke van ‘n bewustheid en skakeling via sosiale media onder jong mense, asook die wyse waarop hulle hulself begin organiseer het. Ook, ‘n verhoogde betrokkenheid by en persoonlike gesprekke wat handel oor plaaslike regeringsaktiwiteite en gemeenskapskwessies, en hulle het ook betrokke begin raak by plaaslike regeringswerk byvoorbeeld met die jeugraad op raadsvlak of met skole in die omgewing; ook met programme soos die “Women’s Progamme” en die “Men’s Progamme” asook die “Women’s Co-op” en die “Youth Cultural Movement”. As deel van die “Youth Cultural Movement” is dit die jongmense wat die eintlike beplanning en organisering van die werkswinkel doen en dit self fasiliteer. Hier sien ‘n mens dus hoe hulle hul nuwe vaardigehede en kennis toepas, insl. die skryf van befondsingsvoorstelle aan die munisipaliteit vir ontwikkelings inisiatiewe. Ek meen dat hierdie benadering deur die ODA baie goed inpas by Arnstein se “Ladder of Citizen Participation” waar die hoogste sport van die leer (naamlik nommer 8 “Citizen Control”) die ideal is: wat beteken dat die sg. “have-nots” die hele beplanning, beleidsformulering en bestuur van ‘n program hanteer.
Terwyl ek na Renier luister, voel ek geïnspireerd deur hoe die ODA se werk my herinner aan Activate! se Making Local Government Work program soos bestuur word deur Tebogo Suping en Bongi Ndlovu in die Capacity Building Programme (die Provoke Portfolio).
So, inderdaad ja, jongmense regoor die land is aan die stuur van verskeie invloedryke inisiatiewe.
Watter boodskap het jy aan Activate! en jou mede Activators?
“Meer Activators moet betrokke raak by die verskillende Activate! aktiwiteite sodat mens nie altyd dieselfde gesigte by die geleenthede of in die publikasies sien nie.”
En aan my mede Activators: “Ons moet uithou en aanhou om die lig te skyn en so helder as moontlik.”
Dankie vir jou tyd, Renier!
[1] Die Kou-Kamma Municipality is in die Sarah Baartman Distrik.
[2] Die woord Tsitsikamma kom van die Khoekhoe woord tse-tsesa, wat “helder” en gami “water” beteken.
[3] Die onlangse gruweldade teenoor vrouens in ons land het ons weereens herinner aan die afgryslike geval van Anene Booysen toe daar ook landswye onsteltenis en verontwaardiging was. Anene is gebore op 30 October 1995 en het gesterf op 2 February 2013; sy was maar 17 jaar oud. Sy is deur ‘n sekuriteitswag op ‘n bouterrein by Bredasdorp gevind die oggend nadat sy onderwerp was aan ‘n gru bende-verkragting en haar buik ook oopgesny is en sy vir dood agtergelaat is. Soos Wikipedia verder skryf, het sy toe nog geleef, maar is ongelukkig later daardie Saterdag, 2 Februarie oorlede.
Responses